Mediasie dienste
Egskeiding -
Vervreemding
Genesing en versoening behoort die eerste opsie te wees. Deur jou behoeftes en belange effektief te kommunikeer en erkenning aan die ander se persepsies te gee wanneer die verhouding herbou en beëindig word, kan vrede herstel word wat ‘n positiewe toekoms vir beide inhou.
Skikkings-ooreenkomste
Skikkingsooreenkomste plaas die keuse van terme en voorwaardes in die hande van die partye. Die ooreenkomste word byvoorbeeld gebruik in egskeidings, kommersiële dispute, onderhoud, gesinsgeweld, ouerskapsplanne ens. Partye het die reg om advies van regspraktisyns te bekom voordat hulle ooreenkomste teken.
Herstel
Geen persoon is ‘n eiland. Herstel van verhoudings tussen partye genees pyn en teleurstelling en skep ‘n omgewing waar ‘n positiewe en vervullende toekoms saam gebou kan word
Ouerskap Koördinering
Dit is nie altyd vir ouers maklik om gesamentlik besluite oor kinders se besoeke ens. te neem nie. ‘n Ouerskaps-koördineerder is hier behulpsaam en medieer verskille en kan ook aanwysings maak as die ouers of ‘n Hof sodanige magte aan die koördineerder verleen.
Kinders
Die basis van ‘n gelukkige en vervulde volwasse lewe lê in die liefdevolle versorging en harmonieuse verhoudings in die kinderjare met ander. Mediasie streef na wyses om in positiewe verhoudinge te belê. Deur ouerlike koördinering word ouers gehelp om moeilike keuses vinnig op te los.
Onderhoud
Die onderhoudshowe is oorlaai met sake en die agterstande groot. Mediasie help die partye, ouers en kinders om die proses te bespoedig ten einde te verseker dat almal na regte versorg word.
Gesinsgeweld
Konflik kan aangespreek word wanneer partye konstruktiewe gesprekke voer. Mediasie meng nie met die strafregstelsel in nie, maar kan ‘n proses begelei waar dispute en konflik wat tot geweld lei aangespreek word en oplossings gesoek word.
Sosiale kringe
Konflik in gemeenskappe, tersiêre instellings, skole, huise, kerke, verenigings en tronke word deur kommunikasie as voorkeur metode medieer
Herstellende geregtigheid
Tronkstraf het ‘n belangrike funksie in die samelewing. Alle oortreders is egter nie tronkmateriaal nie en aanhouding kos die belastingbetalers duisende rande per gevangene per jaar. Vele slagoffers het ‘n behoefte om te verstaan waarom hulle geteiken is of geraak is. Mediasie spreek hierdie behoefte aan en help oortreders om te rehabiliteer.
Kommersiële
Dispute
Ekonomiese welvaart word geken aan stabiele verhoudinge en rekenskap. Gesprek oor kernvraagstukke, belange en behoeftes bring partye byeen en bied ‘n vaste basis vir toekomstige samewerking.
Arbeid en die Werkplek
Konflik en disharmonie in die werkplek is algemeen. Mediasie herstel interpersoonlike verhoudinge wat eenheid en produktiwiteit bevorder.
Mediation Services
Divorce -
Separation
Healing and reconciliation should be first options. Communicating your needs and interests and understanding the other party's views when rebuilding or terminating the relationship is critical. Mediating peace or dissolution may create a positive future for both.
Settlement Agreements
Settlement agreements place the control over terms of engagement in your hands. They are used in, for example, divorces, commercial disputes, maintenance agreements, domestic violence, parenting plans, etc. Parties have the right to obtain the advice of legal practitioners before they sign agreements.
Restore
No man is a island. Restoring relationships heal hurts and builds a positive and rewarding future together.
Parenting Coordination
For parents in conflict it is not always possible to take joint decisions in respect of their children. A Parenting Coordinator can assist when the parents or Court affords certain powers to the Coordinator.
Children
The foundation for a happy and rewarding adult life lies in the loving, caring and harmonious relationships with significant others. Mediation looks for ways to invest in positive relationships. Through my services as parenting coordinator, parents are assisted in solving difficult issues fast.
Maintenance
Maintenance courts are overloaded with cases and backlogs are high. Mediation helps parties, parents and children to expedite the process to ensure that everyone is properly cared for.
Family violence
Conflict can be resolved when parties have constructive discussions. Mediation processes do not interfere in the justice system but can guide a process in resolving those disputes and conflicts that may cause violence.
Social Circles
Whether it is communities, tersiary institutions, schools, homes, churches, societies or prisons, Mediation facilitates communication as a preferable method to resolve the disputes.
Restorative Justice
Imprisonment of every single offender may cost thousands of Rands per prisoner per month. Sending all offenders to prison is not always the best answer. Many victims want offenders to understand their suffering and hurt. Mediation may address these needs and assist offenders to rehabilitate.
Commercial Disputes
Commerce is the backbone of a thriving economy. Positive relationships between contracting parties is vital for growth. Communicating the interests and needs often repairs the breakdown of relationships between parties and render positive cooperation that supports growth.
Labour and Workplace
Workplace conflict and disharmony are everyday occurrences. Mediation can restore relationships, workplace harmony and improved productivity.